Dooiemansdraai

Soms word daar mense op hierdie ou aarde gebore met meer as die gewone kwota van sjarme en aantreklikheid. Die Here plaas hulle hier om dinge vir ons ander beter te maak. Enige iemand het al so ‘n person ontmoet. Die person is gewoonlik heel aantreklik en as hy of sy klaar met jou gesels het dan voel jy goed en opgewek. Jy voel selfs vir daai een oomblik baie belangrik. Want hierdie person het  ‘n gawe om met jou gevoelens te toor. Hy of sy weet net watter knoppie om te druk. Hetsy met gemoduleerde stem of met oë wat jou aangryp en die aandag gevange hou. Mense wie jy na baie jare onthou . Daar is so min van hulle op hierdie aarde. Dis asof hulle opmaak vir alles wat die gewone lelike ou bogger soos ek moet verduur.

Oom Pietjie was een van hulle. Hy was een van my moedertjie se jonger broers. Hy het nooit nodig gehad om iets vir jou te verduidelik nie. Hy het die gawe gehad om sy goeie begrip in ‘n halwe word oor te dra. Sy blik kon jou bevange hou. Jy kon hom altyd deur ‘n ring trek. Ek was baie beïndruk met oompie Pietjie al was ek maar ‘n paar bakstene hoog. Hy het eenkeer hier in Windhoek vir ons kom kuier al die pad van Van Rhynsdorp af. So het my moedertjie hom dan gevra om saam met haar dorp toe te gaan. My moedertjie is een van daai vroumense wat nie ‘n pad kan onthou wat sy al soveel keer gery het nie.

Lees voort

Die swerwer van die Bobbejaanpad

Soos jy aangery kom na Okahadja sal jy die groot Prosopis boom by die Bobbejaanpad afdraai sien staan. Onder hierdie boom sal ‘n paar oumensies en vrouens sit en wag vir ‘n lift terug na die omliggende plase toe. Die kanse is baie goed dat jy die Swerwer van die Bobbejaanpad onder daardie boom sal sien sit met sy dik swartraam brille, spierwit  kroesies wat onder ‘n hoedtjie uitsteek met ‘n gehawende maar skoon suit van vervloeë  jare en al die plooie van swaarkry op sy gesig.

Ek het na die tyd meer van die ou Damara oompie te hore gekom. Hy sit maar elke dag daar by Ovitoto onder die boompie en dan wag hy vir ‘n geleendheid na die uitdraaipad by Okahandja waar die groot Prosopis boom staan. Hier loop sit die ou dan onder die groot boom se koel skaduwee en dan sit en tuur hy voor hom uit of hy sit en dommel dan kort-kort in soos dit met oumensies is. So teen 4 uur in die middag sal die ou dan plegtig langs die pad loop staan en wag vir en geleendheid terug na sy nedersettingkie. As hy dan nie ‘n geleendheid kry nie sal die ou dan daar onder die baam gaan slap. Sy familie is gewoond daaraan en nie juis te geplae as die ou nie uitkom nie.

Lees voort

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg