Anti-terreurspesialiste moet sokkerspelers oppas

Ek lees vanmiddag ‘n berig op http://www.praag.co.za van sommige Europese en Suid-Amerikaanse sokkerbeheerliggame wat privaat sekuriteitsfirmas aangestel het om hulle spelers wat tydens volgende jaar se wêreldbeker sokkertoernooi hier by ons kom toer te beskerm. Hierdie sekuriteitsfirmas beskik oor sekuriteitspersoneel wat al militêre ervaring in Irak en Afganistan opgedoen het. Sommige van hierdie wagte het ook al in spesiale magte gedien. Hulle is dus amper soos ons recces van vroeër jare.
Hierdie radikale optrede sê vir my twee dinge. Hierdie sokker-unies is erg bekommerd oor die veiligheid van hulle spelers wat volgende jaar kom toer ten spyte van die propaganda wat ons regering en sokker-owerheid daagliks uitsaai om ons almal te probeer gerusstel. Tweedens vertrou hulle nie ons Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte en/of maatskappye om hulle spanne se sekuriteit te behartig nie.
Hierdie radikale optrede is ‘n ernstige aanklag teen ons land en sy regering. Die ergste van alles is dat hierdie aanklag geregverdig is.
Gelukkig sal sommige sokkerspanne topklas sekuriteitsdienste kan geniet om hulle teen die aanslae van donker Suid-Afrika te beskerm. Maar wat van die gewone sokkertoeriste?
Kom ons hoop maar vir die beste vir Volgende jaar se wêreldbeker sokkertoernooi.

Die Springbokke speel vanaand

Wie gaan vanaand die wedstryd tussen die Springbokke en die Franse Hane kyk? Ek is nogal nuuskierig om te sien of ons die Franse sal kan wen. Hulle is nie ‘n maklike span nie en ons het al in die verlede pak slae teen hulle gekry.
Dis net ‘n jammerte dat RSG nie die drie toetse op die Springbokke se Europese toer gaan uitsaai nie.
Sterkte aan die Bokke.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg