Jou gesin se Kersfeestradisies

Met die feestyd op hande is dit gepas om weer so bietjie terug te dink aan die dinge wat ons saam met ons gesinne en families gedoen het met Kersfees.
Het julle ‘n kersboom opgeslaan? Hoe het julle altyd geskenke uitgedeel? Het julle dit om die kersboom gepak of het julle ‘n kersvader gekry om dit uit te deel? Ons het altyd ‘n geheimsinnige kersvader gehad wat ons geskenke in kussingslope gesteek het wat ons moes uitsit in ons kamers.
Wat het julle alles Kersdag gedoen? Het julle vir familie gaan kuier, kerk toe gegaan of self familie onthaal?
Wat is jou gunsteling kersfeeskosse? Ek hou van koue etes soos koue vleise, aartappel-, wortel en noodleslaaie. En beetslaai ook. En jou gunsteling kersfeespoedings? Ek hou van gebakte poedings.
Watter gesinstradisies hou jy vandag nog in jou huis?
Ek hoop hierdie is ‘n lekker geselsonderwerp wat die gemoedstemming in die hoenderhok lekker sal opvrolik.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg