Die lewe le in ‘n bakkie muesli..
Jy het die granola- dis die allerdaags. Maar selfs die allerdaags verskil soms. Mens kry die honey-coated high fat semi- sonde soort, en dan kry jy die swiss muesli- proe soos papier maar dis tog so goed vir jou. Party dae proe my lewe soos papier- allerdaags en average.
Dan kry jy so hier en daar ‘n neut. ‘n Wonderlike, heerlike, heel neut. Daardie oomblikke in die lewe wat als die moeite werd maak. Die oomblikke wat jou weer laat kans sien om aan te hou eet, tot jy die volgende neut raak byt.
Ongelukkig, altans in my bakkie byt jy ook so nou en dan ‘n onplesierige ding raak. ‘n Gedroogde piesang. Sies. Ek kon nog nooit verstaan hoekom iemand ‘n piesang in al sy glorie sal wil droog nie. Maar dan, hoekom is daar swaarkry, armoede, misdaad….enenene. Die gedroogde piesangs van die lewe. Byt jy hom raak, kou jy hom so vinnig as moontlik tot ‘n grootte wat relatief slukbaar is. En dan? Dis dan wat jy moet onthou dat daar dalk nog ‘n neut in jou bakkie oor is, so jy hou maar aan met eet.
Die lekkerste manier om ‘n bakkie muesli te geniet, vir my, is saam met aarbei yogurt. Dit laat tot die piesangs lekkerder proe, dit omvou die neute in die lewe met ‘n romerige, soet kombersie en selfs die allerdaagse granola smaak lekkerder.
Die yogurt in jou lewe kan enige iets wees. Vir my is dit die Here, vir ander is dit die bottle wyn in die spens, hul oggend sigaret of die skinderstorie aan die ontbyt tafel!
Ek wens vir almal dat julle neute volop sal wees die jaar. Dat julle genoeg yogurt het om die piesangs mee af te sluk, maar ook dat julle elke happie allerdaagse sal geniet – want voor jy sien is jou bakkie leeg.
Filed under: Uncategorized | Tagged: Here, lewe, muesli | 4 Comments »




