Posted on Oktober 23, 2009 by harrylouw
Eddie het op Walvisbaai gewoon. Om die waarheid te sê woon hy nog altyd daar. Doodgelukkig. Nou Eddie was ‘n boilermaker en het op die hawe skuite gesweis. Soos die skepe inkom met lekplekke, so het hulle vir Eddie Ysterkar afgestuur in die donker dieptes van die skip in om die lekplek te loop toe sweis. Eddie, soos baie van die mense wat op die skepe sweis, gebruik nie altyd sy sweis masker nie, want onder in die skip is dit gewoonlik donker nag en die blou lig van die sweisvlam kom skyn sommer hier van agter af in om die hel uit jou ogens uit te irriteer.
Eddie het geleer dat jy mik in die flou lig van die storm lantern en dan maak jy jou oë toe so met die vatslag van die sweis stok. Eddie kon nie juis mooi sien nie en het baie dik brille gedra. Soos hy dan sweis so spat die gesmelte druppeltjies metaal op sy brille en los dan ‘n merkie saam met die duisende ander. Ook as hy met die angle grinder inklim om sy sweis plekke netjies af te skuur. Menige skeepskaptein het agter hom kom staan en met openlike bewondering na die sweis plek gekyk. Baie van hulle het hom eenkant toe getrek met a verleidelike voorstel van ‘n groot salaris as hy permanent op hulle skepe kom werk. Maar elke keer het Eddie botweg geweier. Want in Eddie se yard het sy droom vorm aangeneem.
Lees voort →
Filed under: Harry | Tagged: afrikaans, duine mense, stories | 7 Comments »
Posted on Oktober 20, 2009 by harrylouw
Nou Paul was een van die meer bekende sakemanne in Windhoek. Hy bly egter nie meer hier nie. Ek verneem hy het deesdae ‘n groot lodge in Zambia. Nou, Paul was ook bekend vir sy stoutighede. Soos dit nou maar vroeër dae by die see was, was daar twee afleidings terwyl jy vakansie hou. Een was om vis te vang en die ander was om op die strand en in die Namib woestyd te gaan ry. Hierdie twee stokpertjies kon jy nie sonder die nodige vloeistowwe doen nie, want om in die Namib te verdwaal sonder ietsie te drinke is groot moeilikheid
Lees voort →
Filed under: Harry | Tagged: afrikaans, duine mense, stories | 2 Comments »
Posted on Oktober 17, 2009 by harrylouw
Met heimwee het ek Bierpens se stuk gelees oor hoe hy die Afrikaner graag as een volk wil sien wat saamstaan en mekaar nie in die rug steek nie. Hier praat Bierpens dan natuurlik oor die Afrikaner in Suid Afrika. Suid Afrika wat as die laaste bastion van die Afrikaner beskou is, maar waar hierdie volk met sy stoere voorouers deesdae die twedehandse burgers is. Onwillekeurig dwaal my gedagtes dan na die Dorsland Trekkers. Hoe hulle weg gebreek het van die Suid Afrikaners en hoe hulle soos Moses en sy volk deur die woestyn getrek het om uiteindelik in hulle eie kanaan uit te kom. Oor hierdie mense wil ek graag skrywe.
Lees voort →
Filed under: Harry | Tagged: afrikaans, duine mense, Harry, Namibia, stories, Tsumeb | 7 Comments »