Glo jy aan Vrydag die dertiende

Ek kyk nou juis vanoggend weer op die Afrikaanse WordPress blogs rond en kom loer toe so bietjie in by die hoenderhok. Ek was heel verbaas om te sien dat die blok weer sigbaar is al vir ‘n paar jaar. Bierpens het soos gewoonlik nie teleur gestel nie en skryf nog steeds puik stories oor die dinge wat ons gewone mense steeds as vaal beskou. Van rugby en suurgatte tot lyfstraf op skool. Laasgenoemde het ek baie geniet. Baie van ons wat in ‘n sekere era grootgeword het sal ‘n storie of twee hieroor kan vertel.
Aangesien dit dan vandag weer Vrydag die dertiende is, is die vraag of jy wat nou hier lees werklik aan soiets glo?
Ek persoonlik is glad nie bygelowig nie en glo ook nie daaraan nie. Maar indien daar wel in die alledaagse lewe dinge sou verkeerd loop, is dit altyd ‘n handige skuifmeel om die blaam vir wat ook al gebeur het te verskuif.
Verder glo ek ook dat indien jy wel hierdie dag sou vrees is jy dan ook meer geneig om die foute te maak wat dan tot jou slegte geluk lei.
Geniet julle dag baie en mag dit sonder ongelukke, swart katte en wat nog alles wees.

Die hoenderhok kry weer nuwe lewe

Ek is bly om te sien daar is weer nuwe lewe hier op Kekkel. Welkom terug, Bierpens. Mag jy ons weereens vermaak met jou unieke skryfstyl en jou refleksies op die gewone lewe. Jy het ‘n manier om ‘n goeie storie te maak uit die vaal gewone ding van die lewe wat ons ander mense soms verbygaan.
Harry is ook weer terug met een van sy staaltjies en ek geniet dit elke keer.
Verder is die Afrikaanse blogs nog rustig. Meeste van die ou staatmakers is nog steeds met ons en daar is ook ‘n paar nuwe opkomende sterre. Ons vriend Sharpshoot wat verlede jaar lekker hier op Kekkel gesels het het ook nou sy eie blog opgedra aan sy honde. Die avonture van Wagter, Fiefie en Junior. Dis op die oomblik een van die top blogs op die Afrikaanse wordpress.
Mag al julle bloggers julle blogs nog baie geniet. Ek het myne die laaste tyd erg afgeskeep, maar hoop om eersdags weer te begin skryf.
Liefdegroete
Vuurslag

Lang Herman en die blik kondensmelk


My vadertjie Lang Herman was sonder enige euwels en vices. Ek het vir hom in my hele lewe bitter min hoor vloek. Die kere wat hy wel gevloek het was van pure skrik of om die outiëntisiteit van die storie te hou wat hy besig was om te vertel sodat dit darem nie afgewater was nie. Hy was altyd  so sagmoedig en ek het vir hom so selde kwaad gesien. Ek self het net twee keer in my lewe pak gekry by hom en die pakke slae het ek verdien en onthou dit tot vandag toe nog.

Lang Herman was ‘n man wat geglo het het aan roetine en hy sou liewer by sy geliefde huis bly as om te loop kuier. My vadertjie het nooit saam met sy vriende kroeg toe gegaan nie. Hy het nooit meer as een bier gedrink nie en ek het hom in my hele lewe nooit dronk gesien nie. In sy jonger dae voordat hy getroud is wat hy ook baie nougeset met sy studies oor die pos en het veel eerder geleer as wat hy saam met vriende ringkink het by die myn kroeg. Tog was hy altyd populêr met die mense om hom.

Lees voort

Wewers van die alfabet.

Ek stel hom voor waar hy met ‘n vuil tulband om sy kop aandagtig oor sy raam sit en die wol van sy angora bokke weef. ‘n Tapyt neem vorm aan en hoe langer hy weef, hoe meer sien jy van sy patroon. Ek het laas week by die mall by ‘n tapyt winkel ingestap en sommer net rondgedrentel om al die tapyte te sien. Ek weet nie regtig of hierdie tapyte uit Persië kom soos wat daar gespog word nie. Ek is nie seker of daar van hulle is wat in die donker stegies van Konstantinopel deur die ou wewer met die vuil tulband geweef is nie.

Die geur van die tapyte is stowwerig. Sand vlaktes van Timboektoe. Tartaarse ruiters wat bakbeen aan hul perde vasgegroei is om ‘n oosterse minotaur van die woestyn vlaktes te maak. Die stofstorms wat oor die godverlate vlatkes aangejaag kom met drommende hoewe. Die bulk van kamele. Stof in die nou stegies van hierdie eeue oue stad. Stof wat op die wewer neersif waar hy beskud teen die wind in die agterstrate ingedagte sit en weef. Die stof wat vandag hier in die mall my sinusse kielie.

Ek soek rond vir die waarheid wat ek eendag by ‘n tannie gehoor het. Sy het my vertel dat haar duurste persiese tapyt die antieke een is waarin daar ‘n foutjie ingesluip het. Tussen al haar peperduur tapyte was die een met die glipsie juis die een wat vir haar duur te staan gekom het en die een wat sy werklik waardeer.

Lees voort

My beskeie hulp aan die Celebs

captain_obviousdf_to_the_rescue

Dinge met sommige Celebs se liefdes lewens gaan beroerd,  Mens hoef maar net te kyk na die koerante.Ek het begin dink en wonder hoe ek hulle kan help met hierdie nagmerries, hel ek weet nie eindelik wat moet ek dit noem nie, het dit ‘n naam?    Wel ek glo mos nog altyd voorsorg is beter as nasorg.

Wilhelm van Mariental

Wilhelm was ‘n arbeider op een van die groente plasies by die Hardap besproeings skema. Hy was ‘n noukeurige arbieder wat aandagtig na sy opdragte geluister het. Hy het homself daarop geroem dat die plaasboer hom nie twee keer een ding hoef te vertel het nie. Nee. Wilhelm was nie soos ander wat vir hom onnosel gehou het nie. So het hy dag vir dag die grond bewerk en groente het soos kinders onder sy knap hande gegroei. Dinge was salig en rus en vrede het soos ‘n swaar komber bo op Mariental gelê en niemand sou ooit kon raai dat die rustigheid gesteur sou kon word nie.

Soos die ou wêreld nou maar is kom daar van tud tot tyd winde veranderinge. So het Mariental se dag dan toe ook aangekom. Die Burgermeester wat nie veel te doen gehad het nie, was baie jaloers op oom Hampie wat die burgermeester van Keetmanshoop was. Groen oë het gereeld vanaf Mariental se Burgermeester na Keetmans s’n geflits. Die dag moes dan ook kom dat ou Hampie Keetmanshoop ewe vernaam as die Hoofstad van die Suide aangekondig het.

Nou soos almal weet is die suide van Namibia maar baie arm en niemand stel belang aan die groot oop stuk wêreld waar daar net die Witrand en die Swartrand vir ewig in die son lê en bak met niks tusssenin nie. Boerdery en toerisme was natuurlik die geldmakers vir die suide, maar nadat die Vingerklip loop omval het, het toerisme na Keetmans toe begin kwyn en Oom Hampie moes plan sien om die dorp weer op die kaart te kry.

Lees voort

Pappegaaie op Langstrand

Ek was lanklaas op vakansie weg van die huis af. Ek het die kans om hierdie desember aft e sit na Katima mulilo toe. Maar diep in my hard ruis die see op Langstrand en onwillekeurig lei dit my denke na die laaste keer wat ek op die strand was. Ek is eintlik een van daai soort mense wat baie verknog aan sy huis en haard is en dit nie kan verdra om weg te wees van die huis af vir te lank nie. Ek onthou goed ons was die langnaweek in 2003 weg om vir vriend André te gaan kuier op Walvisbaai. Dit was ‘n naweek van baie drank en by nuwe voëls wat ek agter in my my Newman’s Guide to Birds kon incheck as ‘n voël wat ek gesien het. Ek was so gelukkig om een Albatros te sien ‘n geweldige groot voël en ek kon een bruin pelikaan van naby betrag wat André vir my in die vlakwater gaan vang het. Die ding stink boontoe!

Ewenwel. Op hierdie Saterdagmore is ons almal vroeg-vroeg al op en agter op André se Ford Courier en so het ons al op die strand gery. So elke 500m stop ons om die glase te hervul. Agter op die bakkie was een boks vol Cheateu Brandewyn en een krat vol 2 liter bottles coke. Van die vroumense wat saam was het girly drank ook saamgevat soos rooiwyn en Amarula, maar ek het nie juis opgelet wat alles daar was nie. Ek onthou net ou Vierperdewa soos ons André se girlfriend noem, het Fordkarre gedrink. Dit is nou as jy Cape to Rio (10 Rand Kaaptoe)Cane en Fanta orange bymekaar mix.

Nou, die dag was almal vrolik. Die see aan jou linker kant en die sand duine aan jou regter kant en die wind in jou hare. Almal het lekker gelag en korswil en soos die brandewyn en fordkar gevloei het, so het die gelaggery dan ook in volume toegeneem. Die kwinkslae het al snaakser geklink en almal kon al makliker  lag. Is dit dan werklik sonde om jouself af en toe te geniet sonder enige weerga?

Lees voort

Oom Kas en die Tornado

1963-willys-jeep-truck-xfire-truck-australia-40262Oom Kas is in Tsumeb gebore. Daar het hy skoolgegaan en later by TCL, die kopermyn, gaan werk. Later van jarre het hy ook ‘n plot gehad waar hy met groente en met hoenders geboer het. Nou vi r Oom Kas het ek leer ken met die wat hy Alfred se pa was en my swaer, Ferdie, se broer. Nou vir Alfred like ek net soveel as wat ek vir Ferdie laaik en ‘n braai is nie ‘n braai as Alfred nie daar is nie.

So het ek dan vir Oom Kas net ‘n paar keer in my lewe ontmoet, maar elke keer het die oom ‘n groot indruk op my gelaat. Hy was so hard soos ‘n engine se sub-eassembly blok en het ‘n handruk soos ‘n bench vice gehad. En hy was nie onnosel nie, nee. Die oom het sy plante intiem geken. Hoe meer ek hom uit gevrae het om sy kennis te toets hoe meer het hy my beïndruk.

Lees voort

Oom Gert van Rehoboth

Oom Gert het sy hele leeftyd in Rehoboth gebly. Hy was nie soos meeste van die Rehoboth Basters ‘n pendelaar nie. Die Basters is trotse mense en noem hulle self Basters met trots. Hulle is die nasate van die gemeenskap tussen die Cornwall mynwerkers, wat langs die Groot Rivier gedelwe het en die Khoikhosan wat in hierdie omtrek woonagtig was.

So het hulle die gelaatstrekke van byde die Europeër en die Nama van ouds. Basters is vriendelike mense, maar boeta, moenie aan sy gat krap as dit nie jeuk nie. Dan is daar moelikheid. Hulle is lief vir Rehoboth omdat dit die grond was wat hulle van die regering van die dag gekry het en vir elke morg uit hul eie sak betaal het. Hier slaap hulle elke aand en ry vroeg oggend om 80 km verder in Windhoek te gaan werk. Deesdae is daar baie Basters wat in Windhoek bly, maar hulle is lief daarvoor om in die naweke terug te gaan na hulle wortels toe en daar by familie en vriend te gaan kuier.

Lees voort

Eddie Ysterkar

Eddie het op Walvisbaai gewoon. Om die waarheid te sê woon hy nog altyd daar. Doodgelukkig. Nou Eddie was ‘n boilermaker en het op die hawe skuite gesweis. Soos die skepe inkom met lekplekke, so het hulle vir Eddie Ysterkar afgestuur in die donker dieptes van die skip in om die lekplek te loop toe sweis. Eddie, soos baie van die mense wat op die skepe sweis, gebruik nie altyd sy sweis masker nie, want onder in die skip is dit gewoonlik donker nag en die blou lig van die sweisvlam kom skyn sommer hier van agter af in om die hel uit jou ogens uit te irriteer.

Eddie het geleer dat jy mik in die flou lig van die storm lantern en dan maak jy jou oë toe so met die vatslag van die sweis stok. Eddie kon nie juis mooi sien nie en het baie dik brille gedra. Soos hy dan sweis so spat die gesmelte druppeltjies metaal op sy brille en los dan ‘n merkie saam met die duisende ander. Ook as hy met die angle grinder inklim om sy sweis plekke netjies af te skuur. Menige skeepskaptein het agter hom kom staan en met openlike bewondering na die sweis plek gekyk. Baie van hulle het hom eenkant toe getrek met a verleidelike voorstel van ‘n groot salaris as hy permanent op hulle skepe kom werk. Maar elke keer het Eddie botweg geweier. Want in Eddie se yard het sy droom vorm aangeneem.

Lees voort

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg