KTV-programme uit die goeie ou dae

Op die blog Herriemerrie onder die opskrif Kind van die Tagtigs was daar ‘n interessante gesprek oor die kinderprogramme wat in die laat tagtigs en vroeë negentigs gewys het. Dit was nou programme soos Wielie Walie, Miena Moe, Rompelstompel, Mannemarak ensovoorts. Dit het my self jare teruggeneem na my kinderdae.
Ek wil hierdie gesprek verder vat deur ook die gewone televisieprogramme van daardie jare in te sluit. Watter programme onthou julle nog? Balade vir ‘n Enkeling, Sonkring, en Kinders van die Sabatsee. Wat van Engelse programme soos Dallas, Nightrider, Airwolf, Golden Girls, Small Wonder ensovoorts.
Ek self onthou nog Orkney Snork nie, Nuustak, Katvis en Shark en Goeie Môre, Suid-Afrika met al sy nuus, tekenprentjie, Body beat en al die snaakse advertensies vir ontbytgrane.
Geniet die nostalgiese reis.

damsel in distress

He heard the crying and felt her tears

from dusk to dawn it came

No longer he could bare it, you see 

he felt he was to blame.

He walked a hundred miles to her

 bare footed in the rain

over rocks and cold cold ice

he crossed the woods alone.

He climbed a mountain and then another

hurting to the bone

and then he glimpsed her

 finally he saw-

bruised, hungry and tired

– he saw her room, the highest one.

He ripped the monsters into pieces

flaming out the firery glow

Bursting through her door he said

“my sweet I have come for you!”

Only she looked down and out

and send him on his way again.

You see, and this is true you cannot save

the damsel in distress if

she doesnt want to be.

Op die langpad

Op die blog Herriemerrie, te besigtig by herriemerrie.wordpress.com verskyn daar ‘n interressante inskrywing onder die opskrif Road Trips wat my weer ver terugneem na die dae toe ek nog gereeld tussen die Kaap en Transvaal gereis het. Ja, en selfs met al die lekker koue padkos soos die frikadelle, worsies, kasies, toebroodjies ensovoorts. Ek onthou nog die dae toe dit nog lekker en veiliger was om met die trein te ry. Vandag sal ek dit nie sommer waag nie. Ek ry nog partykeer met die langafstand-passasiersbusse en geniet dit baie.
Ek moet erken ek hou van langpad ry, seker omdat ek nie self hoef te bestuur nie.
Maar wat sê ons kuiergaste alles? Hou julle van reis of haat julle dit omdat dit soms so vermoeiend kan wees. Neem julle padkos saam of koop julle eerder wegneemetes by die vulstasie? Wat is jou gunsteling padkos?
Het jy dalk ‘n droomreis wat jy eendag wil onderneem? Ek sien Xhina Phoenix, die eienaar van Herriemerrie, skryf sy wil eendag ‘n reis meemaak van Alexanderbaai tot by Kosibaai. Dis amper die hele lengte van ons Suid-Afrikaanse kuslyn.
Diegene van julle wat hierdie vakansie die langpad gaan vat moet dit baie geniet. Ry veilig.

vergeet

Vergeet van onreg en die woede

 vergeet die grudges

vergeet dit.

 Jou lys is te lank.

 Die lewe is te kort.

 Vergeet van al die amper goed

 en al die amper sleg.

 Vergeet van oor begin en dan in dieselfde seat te gaan sit.

Vergeet die gebed wat jy elke keer weer oor bid.

Vergeet van die trane

die vele trane reeds gestort.

 Die woorde so kras op jou tong

 vergeet van jammer se en los jou stront.

Vergeet van jou shallow begeertes

 vergeet van haar perfekteid

 en vervolmaak jou eie self.

Vergeet jouself en vergeet van hom.

Vergeet om more te onthou dat jy vir altyd net ‘n klein bietjie van hom sal hou.

Jou gesin se Kersfeestradisies

Met die feestyd op hande is dit gepas om weer so bietjie terug te dink aan die dinge wat ons saam met ons gesinne en families gedoen het met Kersfees.
Het julle ‘n kersboom opgeslaan? Hoe het julle altyd geskenke uitgedeel? Het julle dit om die kersboom gepak of het julle ‘n kersvader gekry om dit uit te deel? Ons het altyd ‘n geheimsinnige kersvader gehad wat ons geskenke in kussingslope gesteek het wat ons moes uitsit in ons kamers.
Wat het julle alles Kersdag gedoen? Het julle vir familie gaan kuier, kerk toe gegaan of self familie onthaal?
Wat is jou gunsteling kersfeeskosse? Ek hou van koue etes soos koue vleise, aartappel-, wortel en noodleslaaie. En beetslaai ook. En jou gunsteling kersfeespoedings? Ek hou van gebakte poedings.
Watter gesinstradisies hou jy vandag nog in jou huis?
Ek hoop hierdie is ‘n lekker geselsonderwerp wat die gemoedstemming in die hoenderhok lekker sal opvrolik.

Was hierdie krimineel regtig so dom?

Ek lees vanoggend ‘n berig op http://www.beeld.mobi, ja, dis die selfoonwebwerf van Beeld, van ‘n vrou van Pretoria wat ‘n klag by die polisie gaan lê het nadat haar dagga gesteel is. Sy noem toe ook die name van drie polisiereserviste wie sy daarvan verdink dat hulle moontlik die dagga kon gesteel het. Die polisie ondervra toe die reserviste en hulle ontken toe dat hulle enigiets daarvan weet. Hulle deursoek toe die huis van een van die reserviste en lê beslag op sestig kilogram dagga. Die drie reserviste sowel as die vrou wat gaan kla het is in hegtenis geneem.
Toe ek hierdie berig lees was my eerste gedagte dat hierdie geval beslis kwalifiseer vir ‘n reeks van South Africa’s Dumbest Criminals as iemand sou belangstel om so ‘n televisieprogram te maak. Maar later dink ek hierdie vrou het inderdaad hierdie polisiereserviste geslaan waar dit die seerste gemaak het. Hulle wou mos polisiemanne wees, al is dit dan net vrywillig. Polisiemanne is mos veronderstel om die respek van die gemeenskap af te dwing. Toe gaan steel hulle ‘n dwelmsmous se voorraad omdat hulle gedink het sy sou niks kon doen nie. Wel, sy het nie noodwendig die nodige manne gehad om hulle te loop opdons soos misdadigers normaalweg sou doen nie, maar sy het hulle eie polisie op hulle spoor gesit. Sy sal nou moet tronkstraf uitdien vir dwelmhandel, maar net so sal die reserviste ook nou moet tronk toe met ‘n reputasie wat erger geskaad is as die dwelmsmous s’n.
Laat dit ‘n les vir ons korrupte polisielede wees. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter wil hê nie.

Anti-terreurspesialiste moet sokkerspelers oppas

Ek lees vanmiddag ‘n berig op http://www.praag.co.za van sommige Europese en Suid-Amerikaanse sokkerbeheerliggame wat privaat sekuriteitsfirmas aangestel het om hulle spelers wat tydens volgende jaar se wêreldbeker sokkertoernooi hier by ons kom toer te beskerm. Hierdie sekuriteitsfirmas beskik oor sekuriteitspersoneel wat al militêre ervaring in Irak en Afganistan opgedoen het. Sommige van hierdie wagte het ook al in spesiale magte gedien. Hulle is dus amper soos ons recces van vroeër jare.
Hierdie radikale optrede sê vir my twee dinge. Hierdie sokker-unies is erg bekommerd oor die veiligheid van hulle spelers wat volgende jaar kom toer ten spyte van die propaganda wat ons regering en sokker-owerheid daagliks uitsaai om ons almal te probeer gerusstel. Tweedens vertrou hulle nie ons Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte en/of maatskappye om hulle spanne se sekuriteit te behartig nie.
Hierdie radikale optrede is ‘n ernstige aanklag teen ons land en sy regering. Die ergste van alles is dat hierdie aanklag geregverdig is.
Gelukkig sal sommige sokkerspanne topklas sekuriteitsdienste kan geniet om hulle teen die aanslae van donker Suid-Afrika te beskerm. Maar wat van die gewone sokkertoeriste?
Kom ons hoop maar vir die beste vir Volgende jaar se wêreldbeker sokkertoernooi.

Sias en sy hond Boela.

Nouja mense dit is dan my laaste storie vir hierdie jaar. Ek moet eers bietjie vakansie hou so tot januarie. Dan sal ek weer begin stories aanstuur. Intussen sal ek sal seker so dan en wan ‘n live update storietjie hier kom los soos ek kans kry. Ek wens julle ‘n geseënde krismis en ‘n voorspoedige jaar toe van my kant af.

Sias was een van daai fris boerseuns wat jy in die Sandveld kry. Bang vir gin niemand nie en so sterk soos ‘n trek os. Hy kon ‘n tollie van sy voete af lig. Of die sort mense nog in Piketberg se kontrei gekry word, dit weet ek nie. Maar Sias was een van daai reuse wat op sy pa se merino skaapvleis grootgebring is.

Soos Sias groot geword het, het hy soos alle jongmans maar sy pelle om hom beginne vergader en dan is hulle elke naweek saam plaas toe waar hulle dan geringking het.  Sias was ‘n man wat skoon brandewyn gedrink het soos wat ander mense bier sal drink. En dit het ‘n kas Brandewyn gekos om hom dronk te sien. Sy pa, ou Basjan, het oud begin word en toe maar die leisels in die falterende hande van die jeug oor gegee en Sias moes begin boer. In die week het Sias dan soos ‘n slaaf gewerk maar hier teen Vrydag het hy Piketberg toe gery waar hy dan die nodigheidtjies by Porterville Landbou Koöperasie gaan koop het en dan sommer ook vir sy pelle in die bar gaan sit wag het. Ledig was hy nie daar nie en het een glas na die ander vol brannewyn sit suip.

Lees voort

Tant Sarah en die katjies

Soms doen mense dinge wat hulle nie moes doen nie. Dinge wat hulle op die ingewing van die oomblik doen en dan berou. Of nie berou nie. Soms doen  mense afgryslike dinge en verhard hulle harte daarteen en so bêre hulle dit dan diep in hulle onderbewussyn weg. Dan eendag val hierdie ding wat hulle gedoen het skielik weer uit die diep, donker kas van hul gewetens om in die daglig te kom lê in al die euwel waarin dit gedoen is.

Tante Sarah het in Lutsville so teen die kant van die dorp gewoon. Nie te ver weg waar Hannie hulle gewoon het nie. Tant Sarah het ‘n groot wyfie gemmerkat  gehad. Dit was een van daardie soort katte wat so te sê permanent op hitte was met die hele dorp se mannetjie katte wat by haar erf kom meeding het om die gunsies van díe wyfie. Soos dit nou maar met die soort van kat is, was sy vrugbaar en het elke keer 12 kleintjies voortgebring wat dan deur die dorp se mense een-een aangeneem is.

Lees voort

Neef Hannes en sy Toyota Corona

Toe Hannes nog klein was, was hy maar skraal. Toe eendag toe beginne eet die mannetjie meer as sy gewone kwota en so het dit aangegaan dat hy later al meer en meer geëet het. So vertel my pa (Hannes is my neef, maar my pa se broer Jaap was baie ouer as hy so Hannes was nie veel jonger as my pa nie) dan dat hy in die oggend dou voor dag al vier skaapwagter snye brood met appelkoos jêm op geëet het. Dan sal hy op die werf rondsuiker en so tien uur se kant dan kom kry hy sy sit by die kombuis deur op die paraffin blik met ‘n steun wat dan beteken hy is reg vir sy volgende paaiement van sy ontbyt. Dan het tannie Anna vir hom twee duim dik snye brood met peanut butter aangedra met een helse enamel beker vol tee wat jou ogens laat traan het van soetgeit.

As oom Jaap vir tante Anna vra vir wat sy so baie suiker in die mannetjie se tee gooi dan seg sy ewe vroom. “Outof the sweetness will cometh strength.” Wie kan dan nou stry met ‘n sêding wat op byde ‘n stroop blik en in die groot Boek geskrywe staan? Hannes het dan die dik snye brood met smaak sit eet. Eers druk hy dit in die tee en dan sit kou hy behaaglik aan die pappery. Hy sal dan alles kafdraf en die tee uit drink en dan die laaste dreksetjies op die werf uitskiet. So sal hy dan met sy tormmeldik magie oor die werk sit uit tuur na die hoendertjies was daar onder in die sand skrop. My pa sê wat hom elke keer laat lag het is die oomblik wat hy dan opstaan. Hy sal so skuins na die kombuis deur draai en dan vra: “Ma wanneer eet ons da’ vidag?”

Lees voort

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg