As daar nou maar eenmaal iets wat ou dikkes goed kan doen is dit om n woord se betekenis te toets tot die uiterste toe. So vind ek toe vele gebruike vir die antichris se woord “Splendor”. En Splendor Express was gebore toe BBM nog in die mode was. Nou die ding met n woord verkrag of om tot sy uiterste te gebruik … Vêr verwyderd van sy moedertaal se betekenis.
Rah will rise from the house of Poseidon and spill bucket loads of splendor over the face of the earth… Maar prag kan nie n vervoer middel word nie. So sukkel Pensie om n Afrikaanse woord te vind wat hy met mening kan aanwend om die daaglikse ervaring van wonderk werk belwenis uit te druk op so n manier dat mense dit kan om arm en kan koester… Uit gaan en dit bymekaar maak en dit berg.
Sien die ding staan so met disleksiese reg tot vryheid van spraak… Dit gee mens die auteur”s reg om n taal te verwoes om jou binneste diepste gevoelens … Nee emosionele ervarings met die wêreld en sy mense te deel. Hulle op jou eie manier en verwoording op jou emosionele reis mee te sleur.
Die ding staan so.. ou dikkes het geen formele opleiding oor geen taal nie, maar hy het n storie om te vertel. Dit help met die kop goggas wat Klaasvakie se dosis verdun en wakker lê nagte wat eintlik mens se spoke voed … Te onderdruk. Dus my sonskyn in n botteltjie. Nooit gedink PTSD is iets om myself aan te steur nie, maar die monster het nie sy oorsprong in die Weermag gehad nie… Nee dis n vrees van “abandoning” n vrees van onteiening… Die omtneming van mems waardigheid… Daai vrees wat boelies in jou bewerk stellig.
Wel die vrees is nie iets wat mens kan beseer as mens se voortbestaan daagliks bedreig word nie. Ander dag praat pensPe meer oor die kop goggas wat boelies hom mee besmet het en die mee lewe van PTSD.
Groetnis tot later
Filed under: Bierpens | Kommentare af op Prag vs Splendor




