
Ek en vader tyd het lang tree gestap in die tempel van Mammon. Nou nie van doek dra se dae af nie maar voor man kon skuim piepie se dae af. Die ding van Mammon se tempel is die speel van die Joodse klavier. Mens kan die gevoel vandag net op een ander plek beleef en dis in Mammon se sinagoges. Daar waar roelet wiele spin en die liggies flikker en almal se volgende beurt dalk die klokke sal laat lui.
Die mense wat dit al beleef het sal weet wat pensie van praat. Op die vloer van n klein handelaar kry mens daai selfde gevoel as die kasregisters begin sing in hoog seisoen. Die lekker kriewel somer so teen jou nek af en loop die pad van langerhans tot in jou stuitjie. Dis n tiepe verslawing wat min mense oorkom, maar dis die tiepe verslawing wat jou kinders op skool hou en Mev Pensie laat glimlag elke keer as sy haar kaart kan laat geld.
Soos elke man nou kwansuis weet n vrou se liefde is deur haar kaart en n lemiet is n teiken wat elke maamd gehaal moet word. Nou solank die Joodse klavierspel klok helder lui, iets wat afwesig is in vandag se tegnologie, kan sy maar haar kaart laat geld. Die probleem het ingetree toe dinge begin skeef loop in Pensie se Tempel van Mammon. Dis nou maar hoe die lewe is. Dinge gebeur en dis n konstante. As jy nie die pas kan vol hou nie raak jy agter. Pensie het êrens uit die bus geval.
Eintlik nie geval nie.. eintlik sommer net neergeslaan met n hoofletter B. Dis wel water onder die brug en Pensie hou nou die pot aan die kook met die hoenders en eiers. Dis nou van waar die gegiggel van Mammon nou skielik weer n lekker kriewel deur die omderlingende dele van Pensie se boep magie stuur.
Die kloekies is van dag een af deur Pensie groot gebring by sy eie hande. So sit ek vandag oor die veer volkie en kyk… En besef dat hulle groot is … En mooi is … En dat hulle aanklank gaan vind en die klokke gaan laat lui… Die alarms gaan skree
BierPens gaan weer Mammon hoor giggel.
Deur BierPens
Klaasvakie se grootste kritici
Filed under: Bierpens | Kommentare af op Mammon se giggel




