8 Jaar later

IMG-20180801-WA0005

Na 8  jaar wonder mens of die lewe vol sirkel geloop het en of mens nou net ou koeie uit die sloot op grawe of slapende honde wakker maak. Feit is Pensie is nou n hoender boer en die alledaagse dinge van plaas lewe het heimwee in hom wakker gemaak.

Verlange na goeie skryf maats, blog gevegte en die disleksiese reg tot vryheid van spraak. Ja ou dikkes het m lang pad geloop en baie klippe gekou. Nou wonder hy wat om met die ledigheid te doen, want Mammon is steeds baas en pluimvee groei net so vinnig as wat vader tyd dit toelaat. So mens weet nie altyd om met die spaar tyd te maak nie.

Grond is hard as dit nie reën nie en oom Angus het lank laas gebid so daai seninges is min. Wat nou gemaak as mens grond wil bewerk wat deur moedernatuur ingesement is deur droog wees en ure se warm son bak? Mens moet maar net geduldig wees en wag. Wag Wa iets wat iemand met geduld kan doen. Wel en seker n luiaard ook. Hoe wag iemamd wat adht is. Of het die rooi miere nou n amder afkorting in Afrikaans? Praat mense nog Afrikaans?

As pensie nou die storie so kyk is die Afrikaner nou iets wat gekruis is met n lang nek voël. Ai die mens dra darem soveel haat in hulle se binneste. Om te dink hulle kan afsku kwansuis bybels regverdig. Nee wat… Ons moet dit jou maar besef. So gemaak en so gelaat staan. Die volkere wat ons die land van melk en heuning mee deel weet hoe om die rev counter van n mens se moer meter in die rooi te hou. Daar is nou net mooi geen salf te smeer aan die vermoë van ons mede landgenote om die dam onder die eend uit te ruk as dit by wit blameer uitkom nie.

Arme Jan het nou al die skuld vir alles gekry, maar dis hoe die komunis nou maar eenmaal is. Hulle maak seker hulle vat wat hulle kan terwyl hulle die skapies slag pale toe lei en die Afrikaner sit oop mond die afere en aanskou. Stom geslaan staan hulle met hul se hande lanks hulle se sye en net die wat nog bietjie wind in die seile het spuug haat en wraak teen die onreg wat nou gepleeg word. Mens kan nie eers meer die woord kwansuis hier aan koppel nie want die onreg gebeur daagliks in hoofletters met uitroeptekens.

So sal ons maar weer saam kom hier op die werf en probeer hond haar afmaak van wat aan die gang is. Van Steve se hand om die blaas met Afriforum tot Verwoerd se nageslag wat ons uit verkoop aan die saad reus Monsanto.

Wat gaan van ons word. Ons dae is in elk geval getel… Ons kinders die slawe van ons sondes.

Ek Groet julle tot volgende keer

BierPens… Klaasvakie se grootste kritici

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg