Prag vs Splendor

FB_IMG_1519127152629As daar nou maar eenmaal iets wat ou dikkes goed kan doen is dit om n woord se betekenis te toets tot die uiterste toe. So vind ek toe vele gebruike vir die antichris se woord “Splendor”. En Splendor Express was gebore toe BBM nog in die mode was. Nou die ding met n woord verkrag of om tot sy uiterste te gebruik … Vêr verwyderd van sy moedertaal se betekenis.

Rah will rise from the house of Poseidon and spill bucket loads of splendor over the face of the earth… Maar prag kan nie n vervoer middel word nie.  So sukkel Pensie om n Afrikaanse woord te vind wat hy met mening kan aanwend om die daaglikse ervaring van wonderk werk belwenis uit te druk op so n manier dat mense dit kan om arm en kan koester… Uit gaan en dit bymekaar maak en dit berg.

Sien die ding staan so met disleksiese reg tot vryheid van spraak… Dit gee mens die auteur”s reg om n taal te verwoes om jou binneste diepste gevoelens … Nee emosionele ervarings met die wêreld en sy mense te deel. Hulle op jou eie manier en verwoording op jou emosionele reis mee te sleur.

Die ding staan so.. ou dikkes het geen formele opleiding oor geen taal nie, maar hy het n storie om te vertel. Dit help met die kop goggas wat Klaasvakie se dosis verdun en wakker lê nagte wat eintlik mens se spoke voed … Te onderdruk. Dus my sonskyn in n botteltjie. Nooit gedink PTSD is iets om myself aan te steur nie, maar die monster het nie sy oorsprong in die Weermag gehad nie… Nee dis n vrees van “abandoning” n vrees van onteiening… Die omtneming van mems waardigheid… Daai vrees wat boelies in jou bewerk stellig.

Wel die vrees is nie iets wat mens kan beseer as mens se voortbestaan daagliks bedreig word nie. Ander dag praat pensPe meer oor die kop goggas wat boelies hom mee besmet het en die mee lewe van PTSD.

Groetnis tot later

 

Mammon se giggel

Ek en vader tyd het lang tree gestap in die tempel van Mammon. Nou nie van doek dra se dae af nie maar voor man kon skuim piepie se dae af. Die ding van Mammon se tempel is die speel van die Joodse klavier. Mens kan die gevoel vandag net op een ander plek beleef en dis in Mammon se sinagoges. Daar waar roelet wiele spin en die liggies flikker en almal se volgende beurt dalk die klokke sal laat lui.

Die mense wat dit al beleef het sal weet wat pensie van praat. Op die vloer van n klein handelaar kry mens daai selfde gevoel as die kasregisters begin sing in hoog seisoen. Die lekker kriewel somer so teen jou nek af en loop die pad van langerhans tot in jou stuitjie. Dis n tiepe verslawing wat min mense oorkom, maar dis die tiepe verslawing wat jou kinders op skool hou en Mev Pensie laat glimlag elke keer as sy haar kaart kan laat geld.

Soos elke man nou kwansuis weet n vrou se liefde is deur haar kaart en n lemiet is n teiken wat elke maamd gehaal moet word. Nou solank die Joodse klavierspel klok helder lui, iets wat afwesig is in vandag se tegnologie, kan sy maar haar kaart laat geld. Die probleem het ingetree toe dinge begin skeef loop in Pensie se Tempel van Mammon. Dis nou maar hoe die lewe is. Dinge gebeur en dis n konstante. As jy nie die pas kan vol hou nie raak jy agter. Pensie het êrens uit die bus geval.

Eintlik nie geval nie.. eintlik sommer net neergeslaan met n hoofletter B. Dis wel water onder die brug en Pensie hou nou die pot aan die kook met die hoenders en eiers. Dis nou van waar die gegiggel van Mammon nou skielik weer n lekker kriewel deur die omderlingende dele van Pensie se boep magie stuur.

Die kloekies is van dag een af deur Pensie groot gebring by sy eie hande. So sit ek vandag oor die veer volkie en kyk… En besef dat hulle groot is … En mooi is … En dat hulle aanklank gaan vind en die klokke gaan laat lui… Die alarms gaan skree

BierPens gaan weer Mammon hoor giggel.

Deur BierPens

Klaasvakie se grootste kritici

8 Jaar later

IMG-20180801-WA0005

Na 8  jaar wonder mens of die lewe vol sirkel geloop het en of mens nou net ou koeie uit die sloot op grawe of slapende honde wakker maak. Feit is Pensie is nou n hoender boer en die alledaagse dinge van plaas lewe het heimwee in hom wakker gemaak.

Verlange na goeie skryf maats, blog gevegte en die disleksiese reg tot vryheid van spraak. Ja ou dikkes het m lang pad geloop en baie klippe gekou. Nou wonder hy wat om met die ledigheid te doen, want Mammon is steeds baas en pluimvee groei net so vinnig as wat vader tyd dit toelaat. So mens weet nie altyd om met die spaar tyd te maak nie.

Grond is hard as dit nie reën nie en oom Angus het lank laas gebid so daai seninges is min. Wat nou gemaak as mens grond wil bewerk wat deur moedernatuur ingesement is deur droog wees en ure se warm son bak? Mens moet maar net geduldig wees en wag. Wag Wa iets wat iemand met geduld kan doen. Wel en seker n luiaard ook. Hoe wag iemamd wat adht is. Of het die rooi miere nou n amder afkorting in Afrikaans? Praat mense nog Afrikaans?

As pensie nou die storie so kyk is die Afrikaner nou iets wat gekruis is met n lang nek voël. Ai die mens dra darem soveel haat in hulle se binneste. Om te dink hulle kan afsku kwansuis bybels regverdig. Nee wat… Ons moet dit jou maar besef. So gemaak en so gelaat staan. Die volkere wat ons die land van melk en heuning mee deel weet hoe om die rev counter van n mens se moer meter in die rooi te hou. Daar is nou net mooi geen salf te smeer aan die vermoë van ons mede landgenote om die dam onder die eend uit te ruk as dit by wit blameer uitkom nie.

Arme Jan het nou al die skuld vir alles gekry, maar dis hoe die komunis nou maar eenmaal is. Hulle maak seker hulle vat wat hulle kan terwyl hulle die skapies slag pale toe lei en die Afrikaner sit oop mond die afere en aanskou. Stom geslaan staan hulle met hul se hande lanks hulle se sye en net die wat nog bietjie wind in die seile het spuug haat en wraak teen die onreg wat nou gepleeg word. Mens kan nie eers meer die woord kwansuis hier aan koppel nie want die onreg gebeur daagliks in hoofletters met uitroeptekens.

So sal ons maar weer saam kom hier op die werf en probeer hond haar afmaak van wat aan die gang is. Van Steve se hand om die blaas met Afriforum tot Verwoerd se nageslag wat ons uit verkoop aan die saad reus Monsanto.

Wat gaan van ons word. Ons dae is in elk geval getel… Ons kinders die slawe van ons sondes.

Ek Groet julle tot volgende keer

BierPens… Klaasvakie se grootste kritici

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg