Ons swot nie meer predikant, of prokureer nie
ons swot nie meer wat pa se nie.
Ons swot BA eie keuse, Bcom eie keuse,
Bsc-doen elke jaar aansoek vir medies- want ons velle is te wit-
al kan ons niks met ons Bsc graad doen nie- mediese wetenskappe.
Ons bly in kommunes saam ons pelle,
ons bly lekker met Jacuzi’s en DSTV en vere duvets
en ‘n George formen en wyn in die yskas
(reg langs die bier)
Ons ry karre, hulle is posh.
Die karre is flashy, dis beter as pa sn.
Ons klere is uniek (uniek soos in die duur soort)
Ons besit die nuuste sony erricsons
met Gps apart. (hoe anders moet ons so nou en dan ons pad huis toe vind?)
Die lewe is lekker.
Studente lewe is lekker.
net jammer die tyd vlieg so vinnig verby…..
Filed under: Uncategorized | Tagged: studente lewe | Kommentare af op Die nuwe student




