Sias en sy hond Boela.

Nouja mense dit is dan my laaste storie vir hierdie jaar. Ek moet eers bietjie vakansie hou so tot januarie. Dan sal ek weer begin stories aanstuur. Intussen sal ek sal seker so dan en wan ‘n live update storietjie hier kom los soos ek kans kry. Ek wens julle ‘n geseënde [...]

Tant Sarah en die katjies

Soms doen mense dinge wat hulle nie moes doen nie. Dinge wat hulle op die ingewing van die oomblik doen en dan berou. Of nie berou nie. Soms doen  mense afgryslike dinge en verhard hulle harte daarteen en so bêre hulle dit dan diep in hulle onderbewussyn weg. Dan eendag val [...]

Neef Hannes en sy Toyota Corona

Toe Hannes nog klein was, was hy maar skraal. Toe eendag toe beginne eet die mannetjie meer as sy gewone kwota en so het dit aangegaan dat hy later al meer en meer geëet het. So vertel my pa (Hannes is my neef, maar my pa se broer Jaap was baie [...]

My liedjie van verlange

Vanaand is die afstand tussen ons swaar op my gemoed
Ek kan net met die aandwind uitreik en jou streel om te vergoed.
Ek gaan net met my nag-bries vingers met jou ore speel.
Ek gaan jou saggies oor jou wange streel.
Want ek is innig lief vir jou Asjas.
Neem my en hou my vas.
Sodat ek die son op [...]

Oom Abrahams met die nommer op sy arm.

As kind het ek elke dag jou geel kombi hier verby ons huis gesien ry. In die oggende oppad werk toe en en die aande terug huistoe. Waar jy gewerk het, het ek nooit gevra nie. Ek het net van jou gehoor. Die dag het ek en my vriend rustig op die stoep sit en [...]

Moeder Mary en die slang

Moeder Mary, soos almal haar geken het, was ‘n non op die sendingstasietjie langs die rivier vir so lank as wat almal kan onthou. Die sendingstasie was daar selfs voor ou Giel Louw sy opwagting kom maak het. Waar ou Moedertjie Mary vandaan kom weet niemand nie, want niemand sou sommer [...]

Liewe Pa,

Ek sit vandag hier met verlange na jou. Dit was so traumaties om jou aan die dood af te staan. Elke keer as ek raad wil vra en jou gaan soek  dan is jy nie meer in jou rooi stoel met jou Sudoku boek besig nie. Jy sit ook nie voor [...]

‘n Ander dimensie, ‘n ander tyd.

Vannag was jy saggies in my drome gewees.
Ek kon hartseer en verlange in jou oë lees.
Diep binne jou oë was ‘n tergende geheim.
Maar tog kon jy nie voor my oë kwyn.
Maar daar binne was jy sterk in jou eie gemoed.
Ek kon net hulpeloos bystaan, dit weet ek goed.
Maar onthou net meisie, wat in my drome [...]

Ou Moedertjie by die Vulstasie

Sy sit rustig onder die tiekieboks waar die petrol joggie by die garage haar eergister aand gevra het om te loop sit. Eers het hy haar parmantig kom wegjae, maar na mooipraat het hy nader gestaan en tien Rand van haar geëis. Jy kan hier bly en ek sal vir jou lift vra by die [...]

Fabels uit Namaqualand

Duifie het ‘n nes in een van die Karee bome gemaak wat al teen die walle van die Oranjerivier groei. Hier het sy vir haar ‘n stewige nessie met droë stokkies gebou wat die rivier maar elke jaar afbring in die reënseisoen. In die nes het sy vier eiers gelê en [...]