Posted on December 2, 2009 by harrylouw
Sy sit rustig onder die tiekieboks waar die petrol joggie by die garage haar eergister aand gevra het om te loop sit. Eers het hy haar parmantig kom wegjae, maar na mooipraat het hy nader gestaan en tien Rand van haar geëis. Jy kan hier bly en ek sal vir jou lift vra by die [...]
Filed under: Bierpens, Harry | 1 Kommentaar »
Posted on November 25, 2009 by bierpens
Puru Puru … fok u … ek kom hier om nie emosioneel te raak nie en van die werklikheid te ontglip. Al jou inskrywings het ‘n uur van my dag geis. Eers vyf minute om hulle te copyen te paste. 5 minute om hulle die eerste keer te lees en weer 15 minute om hulle [...]
Filed under: Bierpens | 9 Comments »
Posted on November 15, 2009 by harrylouw
Ek sit nou hier met absolute verwondering en dink aan die water wat hulle op die maan gevind het. Waar daar water is, is daar lewe. Net soos die Groot Rivier waar dit deur die ongenaakbare Namakwaland vloei.
Nie ver van die Groot Rivier nie, het oom Tooitjie gewoon saam met sy vroutjie en sewe seuns. [...]
Filed under: Harry | Tagged: stories | 13 Comments »
Posted on November 11, 2009 by harrylouw
Oom Hendrik was my oupa, ou Giel Louw, se broer. Hy en sy vrou Saartjie het op saam met ou Giel geboer en op Groot Derm gewoon. Nou oom Hendrik was ‘n man wat hulle in vandag se tye “trigger happy” sou noem. Daar het nie bokkie of haas of jakkals op [...]
Filed under: Uncategorized | Tagged: groot rivier, stories | 15 Comments »
Posted on November 10, 2009 by harrylouw
Oompie Gert Engelbregcht het kort duskant Garies op ‘n plaas grootgeword. Jy sal die plaas opstal vandag nog skuins agter jou aan die linker kant van die pad sien soos jy die laaste hoogtetjie na Garies toe vat, as jy van die noorde af kom. Oom Gert was van Soebatsfontein se [...]
Filed under: Harry | Tagged: stories | 2 Comments »
Posted on November 9, 2009 by harrylouw
As mens vir Rocco de Wet soek sal jy hom tien teen een keer voor die bottelstoor in Academia kry. Rocco is ‘n lang, atletiese geboude man. Hy het vroeër by die Natal Fruit hoek winkeltjie van die Griek gesit. Waar hy met sy rug teen die muur sit los sy [...]
Filed under: Harry | Tagged: stories | 8 Comments »
Posted on November 9, 2009 by harrylouw
Vanaand is ek heel in vervoering met my verlede en alles wat op een tydstip met my gebeur het. Amper so in vervoering díe dag op Tannie Voetjie se stoep toe ek die deur oopmaak en die ou soetkys in die hoek van die stoepkamer sien lê. Die kamer het gestink van die aartappelmoere wat [...]
Filed under: Uncategorized | Tagged: gesels, kekkel, klets | 2 Comments »
Posted on November 6, 2009 by harrylouw
Wilhelm was ‘n arbeider op een van die groente plasies by die Hardap besproeings skema. Hy was ‘n noukeurige arbieder wat aandagtig na sy opdragte geluister het. Hy het homself daarop geroem dat die plaasboer hom nie twee keer een ding hoef te vertel het nie. Nee. Wilhelm was nie soos ander wat vir hom [...]
Filed under: Uncategorized | Tagged: afrikaans, gesels, kekkel, klets | 2 Comments »
Posted on November 4, 2009 by harrylouw
Min mense sien die absolute skoonheid van die dorpie, Hentiesbaai in as hulle eers in Swakopmund was. Swakopmund is ons mekka vir al wat toeriste is van oorsee tot die mense van RSA wat kom kuier. Maar as jy van die plaaslike mense ken dan verlaat jy gewoonlik die toeriste roetes en dan trap jy [...]
Filed under: Harry | Tagged: stories | 10 Comments »
Posted on November 3, 2009 by harrylouw
Ek was lanklaas op vakansie weg van die huis af. Ek het die kans om hierdie desember aft e sit na Katima mulilo toe. Maar diep in my hard ruis die see op Langstrand en onwillekeurig lei dit my denke na die laaste keer wat ek op die strand was. Ek [...]
Filed under: Harry | Tagged: afrikaans, stories | 14 Comments »