Van hier tot anderkant boskakkers word ou Pensie daarvan beskuldig dat hy nie werkbare argumente het nie. Spiertier beweer ek lees net wat ek wil en gebruik ook net wat ek wil. Wel ou Spierkas (anderdag se hangkas) jy is so reg. Dit is ‘n algemene probleem van ons mense.
“Media gun Joost nie privaatheid nie.” Hoeveel keer was jy al in jou onderbroek op koerante se voorblaaie gewees. Any way dit is water onder die brug.
“Julle gaan hom dit nie gun nie?
Dis waar jy weereens die pot mis sit.” (as ek die pot mis sit pel sal almal saam jou stem … julle sal dit weet … straat op straat af en dink dis die heuning suier se pens wat gebars het)
Spiertier … Een vragie … Hoekom het die publiek(julle) Joost se job geeis by Supersport.? Wat het dit met sede bewaring te doen? Terwyl Joost gelieg het was sy Job veilig, maar die eis van die publiek was dat as dit Joost is gaan Supersport hom dan fire?… Wat bewys dit vir my(‘n kind van God) oor die onvermoeë van ‘n Christen om te vergewe … dan was die sonde nie eers teen hom gepleeg nie… dit wortel net die worstel in my dieper vas in die donkerste van my gemoed.
Daar waar ‘n Ds. Peul streel … in dieselfde bybel as wat julle lees word beveel dat as ons nie teen Boudkappertjies optree nie word sy sondes ook ons sondes. Waar kan ek aansluit om die Ds. Boudkapertjies se jobs te eis? Hoeveel aandag het die euwel van die Ds. se daad in die media geniet? Net soveel as die euwel van Joost en Steve se dade! Niks … daar is gesoek na gory slaapkamer detail…
Any way Tim Du Plesis verduidelik mooi die media se aandeel in die sondes van die Celebs. Ek verstaan wat jy sê Tim, maar wie besluit wie word ge expose …. wat word ge expose … vir hoe lank word dit ge expose en wie se sondes word weg gesteek?
Filed under: Bierpens, Celebs | Tagged: kekkel, klets, geloof, Steve Hofmeyr, Amor, Joost, sondes, gesels





Ek lees In Rapport die publiek en die media gaan Joost se huwelik dieselfde kans vir oorlewing gee as vir Steve sin … any way die boek vrystelling het nie duisende mense getrek soos toe die ponies galop nie … dit wys my Joost was en word geken vir sy Rugby kennis en nie sy liefdes lewens nie …
Sover ek kan onthou was die Ponies galop se bekendstelling a reeks bloopers.
Die enigste feite wat wel belangstelling uitlok in Joost se boek was deur die media uitbasuin. Joost moet maar by rugby hou, he he he.
More Harry … Dis al wat ons vrae … moenie dat die kennis van 2005 verlore gaan nie … ons kinders gaan dit nodig kry om die kwota sisteem te oorleef…
Jy sien as jy die eerste keer my vraag oor wie die hele week in op elke radio stasie, tv kanaal ens was. geantwoord het, hoef jy nie hierdie stukkie boktos te geskryf het nie. Jy het klaar die argument verloor nou probeer jy comebacks maak uit elke hoek.
Ek het niemand se kop by supersport ge eis nie. Ek weet wel dat baie mense ‘n probleem het as ‘n dwelm gebruiker tv programme aanbied waarna baie jong rugbyspelertjies kyk. Ons wil seker nie vir ons kinders wys, dis ok jy kan maar dwelms gebruik. Maar hopelik sal jy die een kan uitfigure? Of is jou “beskerming” van die jeug net wanneer dit jou pas?
Moenie met my die Christen kaart speel nie. Ek glo nie aan fee verhale nie. Gaan maak jy jou kinners bang met slange wat praat en brand in die hel ens. Dit is die grootste klug van Christenskap. Jy kry ‘n ticket om enige kak aan te jaag, onder die vaandel dat jy kan vra vir vergifnis en sal vergewe word. En dit my liewe Pensie is hoekom Christene van die slegste mense op hierdie aarbol is, want hulle glo hulle sal vergewe word vir alles. “GET OUT OF JAIL” kaartjies word verniet weg gegee daar by die moeder gemeente.
Ok … so jy het nou twee dinge nee drie ge establish …
ons wil nie kinners moet deur dewlm gebruikers beinvloed word nie …
Joost en Amor was die hele week op TeeVee en die radio …
Dat jy nie ‘n Christen is nie …
so nou moet ek weer my angle verander, want oor die drie goed stem ons saam … waaroor verskil ons nou al weer .. kan jy my reg help dat ek nie weer bok kots skryf nie …