Na Wie keer ek vir leiding?

Die wêreld is so omgekeer soos Kekkel se comments. Die site moet AGS wees ek sien selfs Harry sprag in tale. Nie dat ek probleem het met tale spreek nie … is net ek was een Sondag saam vriend AGS Kerk toe … dit was lank gelede … soos Harry sê voor ek Army toe was … nog voor ek my eerste stel oproep vorms gekry het … Any way ek wou ook bekeer word… so wissel ek toe saam met maatjies Kerke…

Dit was vir my groot skok toe die ou Tanie opspring en iets uit volle bors prewel. Almal was begeestert en so na afloop van haar openbaarmaking vertaal die Prediker vir ons in groot smaak die uitleg van haar sprag in tale. Wat hy vertaal het en die tannie se Zulu sinne van hoe groot is God was nie in dieselfde Kerk gesê nie … in elk geval nie terwyl my ore aangeskakel was gedurende die diens nie …

Nou sit ou Pensie so onder die Reus(boom) en worstel met die dat hy nêrens geestes leiers vind om vir sy kinners voorbeeld te wees vir sedes en waardes nie. Dit help nie eers hy gebruik ou Joost as voorbeeld van goeie Rugby speler nie, want die se beeld is getarnish … sy oor ywerige drang om aan dames se wense te voldoen het tussen beide getree.

4 Responses

  1. He he he. Al tale waarin ek kan sprag is tarrentaal, ;-)

  2. Jy trek nou ‘n Joost op ons … ek het jou gesien in tale spreek … ;)

  3. Nee my broer. Daai ou was iemand wat net snr ek lyk en ruik.

  4. Ja Ja … maar dit bly jy …

Comments are closed.