Diegene van ons wie se blogs op wordpress.com op af.wordpress.com gelys is het seker al gesien dat daar ‘n afdeling op die weblog se instrumentpaneel (dashboard) verskyn waar die nuutste inskrywings vertoon word. Ek het altyd gewonder of dit dalk moontlik sou wees om ook so ‘n funksie op die webwerf af.wordpress.com te kon hê. Donderdagaand skryf ek toe ‘n brief aan die WordPress ondersteuningspan met so ‘n voorstel. Eergister kry ek toe ‘n brief vanaf Antony, een van die WordPress span se manne wat al baie behulpsaam was met van ons ander bloggers. Hy bedank my vir my voorstel en sê dat dit moontlik saam met ander gebruikersvoorstelle oorweeg kan word.
Ek het hierdie voorstel aan die hand gedoen juis sodat nuwe sowel as minder bekende bloggers beter blootstelling kan kry.
Kom ons hoop dat die gawe mense van WordPress hierdie voorstel sal aanvaar. Dit sal help om die Afrikaanse blogosfeer nog meer dinamies te maak.
Filed under: Uncategorized | Tagged: blogging, gesels, kekkel, klets, Wordpress





Baie goeie idee vuurslag … die enigste probleem hiermee is dat nie al die lesers weet van die funksies nie en net die gebruikers sal bevoordeel word. Aangesien die van ons wat reeds webjoernale het weet van die meeste afrikaanse webjoernale daar buite … Elkeen van ons het ‘n tema vir ons webjoernaal ingedagte … sleutel woorde/tags is die bes beskrywendste van sulke skrywe … so deur rss voere in jou blog se kant lyn in te bring wat na sleutel woorde verwys wat jy jou webjoernaal mee assosieer en die gebruik van regte sleutel woorde by skrywes te bevorder sal ons as afrikaanse blogosfeer meer dinamika bied … Dankie vir die bydrae en ek is baie bly om te sien WordPress reageer so vinnig op voorstelle …. dit alleen is ‘n riem onder die hart.