Ek was lanklaas op vakansie weg van die huis af. Ek het die kans om hierdie desember aft e sit na Katima mulilo toe. Maar diep in my hard ruis die see op Langstrand en onwillekeurig lei dit my denke na die laaste keer wat ek op die strand was. Ek is eintlik een van daai soort mense wat baie verknog aan sy huis en haard is en dit nie kan verdra om weg te wees van die huis af vir te lank nie. Ek onthou goed ons was die langnaweek in 2003 weg om vir vriend André te gaan kuier op Walvisbaai. Dit was ‘n naweek van baie drank en by nuwe voëls wat ek agter in my my Newman’s Guide to Birds kon incheck as ‘n voël wat ek gesien het. Ek was so gelukkig om een Albatros te sien ‘n geweldige groot voël en ek kon een bruin pelikaan van naby betrag wat André vir my in die vlakwater gaan vang het. Die ding stink boontoe!
Ewenwel. Op hierdie Saterdagmore is ons almal vroeg-vroeg al op en agter op André se Ford Courier en so het ons al op die strand gery. So elke 500m stop ons om die glase te hervul. Agter op die bakkie was een boks vol Cheateu Brandewyn en een krat vol 2 liter bottles coke. Van die vroumense wat saam was het girly drank ook saamgevat soos rooiwyn en Amarula, maar ek het nie juis opgelet wat alles daar was nie. Ek onthou net ou Vierperdewa soos ons André se girlfriend noem, het Fordkarre gedrink. Dit is nou as jy Cape to Rio (10 Rand Kaaptoe)Cane en Fanta orange bymekaar mix.
Nou, die dag was almal vrolik. Die see aan jou linker kant en die sand duine aan jou regter kant en die wind in jou hare. Almal het lekker gelag en korswil en soos die brandewyn en fordkar gevloei het, so het die gelaggery dan ook in volume toegeneem. Die kwinkslae het al snaakser geklink en almal kon al makliker lag. Is dit dan werklik sonde om jouself af en toe te geniet sonder enige weerga?
So ry ons aan en toe loop ry André teen ‘n soutbos uit en switch die bakkie se engine af. So klim ons dan toe almal af en staan rond terwyl die glase hervul word. En hier kom stop ‘n ou met ‘n GP nommerplaat en soos alle Namibianers nou maar eenmal is groet ons die man met luidrugtige vrolikheid. Die man het ons almal eers baie onseker deurgekyk en toe versigtig gevra of hy kan help. So antwoord ons dan almal soos een man ewe vrolik “Ja!”
Hy maak toe die ou fout wat elke Gautenger vir elke Namibianer wat lyk of hy vassit vra: “Het julle ‘n tou?” En soos een man antwoord ons toe: ”Ons het Chateau!” … dikbek is die ou daar weg in ‘n luidrugtige gelag en ek wonder vandag nog of die man ons grappie gevang het of hy regtig nie weet wat Chateau brandy is nie of as hy net die dag moerig was. Ek sal seker nooit weet nie. Met sy splinternuwe Mitshubisi ry hy sommer teen die naaste rooi duin uit en toe maak hy die fout wat alle nuwelinge maak. Hy loop sit die ding in donkie gear en daar skop hy homself vas.
André seg toe ons sal seker maar eers so ‘n bietjie langer moet staan voor ons die man loop help, want hy is mos hier weg met een dikbek terwyl hy eintlik saam met ons moes gelag het. Terwyl ons so staan en praat kom die man aangery oor wie die hele storie nou eintlik gaan. Soos hy verbyry hang hy halflyf by sy Golf uit en waai ewe vrolik in ons rigting. Nou sal jy wil weet hoe die man met ‘n Golf op die strand ry. Nou praat ek van daai heel eerste 1100 Golfies wat uitgekom het net nadat hulle die Beetle ophou maak het. Ek kan jou verseker dat jy baie verbaas gaan wees as jy sien waarmee ons alles op die strand ry. Ek self het met my ou brood kombi baie kilometres op die klok gesit op strande. Ek het eendag gesien hoe ry ‘n Baster verby met ‘n Datsun Pulsar met ten minste sewe mense soos sardyne ingeryg in die kar. Dit is iets wat vir die manne van die Republiek nie ‘n bekende gesig is nie, want soos ek verstaan is daar baie strande waar motors glad nie toegelaat word nie.
Die man met die Golfie ry toe aan en sien toe ook die petalje van die Gautenger wat teen die duin vas sit. Hy swenk toe deftig uit en loop parkeer so reg langs die ou en klim uit en buk by sy venster in wat toe al redelik laag sit soos die kar in die sand ingespin is en vra ewe hoflik: “Kan ek help meneer?” Die Gautenger sit en kyk beurtelings na hom en dan na sy Golf en dan weer na die man. Ek weet vandag nog nie wat hom die meeste verbaas het nie. Die Golfie wat langs sy 4×4 parkeer staan teen die duin of die hemp wat die man gedra het nie.
Die man se hemp was so blou soos die hemel van Namibia bo sy blonde kop en op elke kant van die knope was daar een groot rooi pappagaai en een groot groen pappagaai. Net die boonste knoop van die hemp was vas en die hemp het sorgvry oor sy bruin lyf gewapper. Nou ek weet dat dit vir een man baie moeilik is om ‘n ander man as aantreklik te beskryf, maar ek kan regtig nie anders as om die man ‘n baie treffende spesiment van die genus Homo sapiens te beskrywe nie. Lang man wat my reg in my oë kom kyk. Lang blonde hare wat tot agter onder sy blaaie hang en bruingebrand soos wat net ‘n miljoener kon lyk.
Tog was die man gee miljoener nie. Teen hierdie tyd het morbiede nuuskierigheid ons almal na die toneel gelok en daar het ons die affere staan en gade slaan. Die Gautenger het teen die tyd ‘n goeie skoot stage fright agter die blad en kon glad nie ophou bloos nie. Al wat die Gautenger kon uitwurg was: “Het JY dalk ‘n tou?” Maar die man met die Hollywood voorkoms wat uit die gehawende ou Golfie uitgeklim het, het hom net een lang, lui glimlag gegee en hom vertel dat hy nie ‘n tou gehad nie. Hy het net vir die Gautenger gevra om uit te klim. Daarna het hy agter die stang ingeklim. Toe die Gautenger dan teenstribbel toe vertel Hollywoord vir hom: “Daar sit my vroutjie in my Golf. Dis een ding op hierdie aarde wat ek nooit agter sal laat nie.”
Onwillekeurig het almal se oë dan sy vinger gevolg en die vroutjie in die golf betrag. Die vroutjie van hom was ‘n fris meisiekind wat die skaal so by 150kg laat kreun het as ek reg geskat het, maar sy het die mooiste oë gehad, so ek kon verstaan hoekom hy haar bo ‘n spilinternuwe Mistshubisi kon verkies. Hy het ewe behendig die kar agteruit teen die duin af reverse en hom daar onder op ‘n kol stewige sand gaan parkeer en toe die verligte Gautenger ‘n ferm handdruk gegee en met ‘n glimlag vol spierwit tande het hy in sy Golfie geklim en sonder enige moeite daar weggery.
Die aand het ons dan varktjops en boerewors op die kole gehad op André se grasperk voor sy huis. En soos ons sit en gesels, kom die man en sy vroutjie daar hand-aan-hand verbygestap. My eerste instink was om die man nader te roep en hom ‘n dop in te gooi en van nader te leer ken, maar Andrë wou niks weet nie. Soos op alle dorpe en stede is daar onsigbare grense tussen verskillende groepe mense ongeag van velkleur en geloof. André was ‘n ship builder en het behoort tot die elite groep van die dorp. Hollywood was ‘n visterman op een van die portugese skuite en dus was daar nie sprake van vriendskap tussen dié twee nie.
Omdat André ons gasheer was en my suster my met deurdringende ogens staan en aankyk het, het ek toe maar nie teengestribbel nie. Ek het nie vir André uitgewys dat meeste van die dissipels ook maar eers vistermanne was nie. Ek het maar met groot telleurstelling staan en kyk hoe die tweetjies duidelik verlief op mekaar reg in die son ingeloop het wat oor die koue Benguela gesak het nie. Die koel aandwindtjie het in my hare gespeel en in my oor gefluiter: “ Another life, another time”
Puru Puru





Wemel weer van spelfoute…
Heheheh … Harry … dis nou iets wat jy mee gaan wegkom hier … Spelling is nie bo aan my belangrikheids lysie nie ….
Lekker gelees – dankie Harry. Harry, jy kry die ongelooflike reg met jou beskrywings. Spreek die visuele dan harder tot jou, as by ons wat kan hoor? Ek het ook die see geruik – Hollywood se hemp met die pappegaaie wat kleur aan die hemp gee, wat so wapper in die wind. Is jy seker daai girl het 150kg geweeg – dis moerse heavy.
Harry, dis net tikfoute – dis die minste wat my pla. Pens, is jou moedertaal engels?
Great storie Harry!
Het dit met my eie ogens gesien hoe daai Golfies en Kombi’s op die duine agter Walvis ry. Ons sélf het met ‘n stokhoringoue singlecab hilux daar gaan ry en toe sommer van Walvis na Swakop so op die strand langs…. AWESOME tye.
Daai land van julle is voorwaar spesiaal.
XP .. nee … glad nie … net my hele lewe … onthou ek is ‘n toergids wat bemarking op die internet doen … TV is ingels … ek kan nie help ek is moontlik Disleksies nie
Maar net gewonder. Het ‘n comment van jou in engels gelees – perfekte engels.
Nou wat keer jou om weer te kom kuier sharpie?
Ag Harry ek geniet jou stories. Jy vertel dit so dat mens voel jy is daar. Hou so aan!!! Jy moet erenstig dink aan ‘n boek vol kortverhale skryf ek sal die eerste een koop
Jy maak my dag Harry , dit voel telkens of mens sommer so saam party en op die strand rondry!! ek wou sommer ook my glasie uithou om te refill! veral toe ek sien hoe die PG. ou hom vererg,……. en kry toe sommer lekker toe hy daar gaan vasval op die duin…. “ja toe kry vir jou!” dink ek terwyl ek lees
Hmmmmm! en daardie mooie blonde adonis!! blikses maar hy is aantreklik!
amper so kruising tussen Steve en Brat Pitt!
Smurf .. jy gaan Harry se Stories die week geniet … ek het my so verlustig in hulle … Maandag, Dinsdag en Woensdag se 07h00 stories is klaar geplaas …
tik fout GP (en nie PG. nie) Gauteng ou
maar ek laaik dit hier by Pensie, spelling is nie die inding hier nie!! …….. ek tik te vinnig en dan send ek voor ek dit deurlees, sien eers die foute as dit klaar daar geplak is!
Bogger die tikfoute smurfie. Hier het ons genoeg breins om verby die tikfoute te lees. Skryf is soos persiese tapyte. A klein foutjie maal dit net meer waardevol.
Hehehe Harry … dis hoekom mense jou laaik … jy speel met woorde … lyk my spiertier het sy moue op gerol … hy wil my aanvat … eish … hier … op my plaas …