En terug by die nuus in Diereland, met Koning Leeu wat vir sy mak aap, Jonas Pajama belowe dat hy reken Pajama sal ‘n goeie troonopvolger vir hom, Koning Leeu wees.
Pajama is steeds by die carwash. Hy het glo sy nuwe kar wat hy verdien het deur hard te struggle in Diereland, beskyt van blydskap en opgewondenheid toe hy die nuus verneem. Hy kon egter nognie vir kommentaar opgespoor word nie.
Die diere van Diereland was hoogs in hulle noppies met die vooruitsig van NOG ‘n leier sonder behoorlike opvoeding, terwyl ander diere gemor het dat Pajama net daar is om hulle kwaad te maak, te beledig, uit te lok en die oog van die eintlike probleme weg te lei.
Dit blyk dat Koning Leeu ook niks meer as ‘n skimbeeld van water in die woestyn is nie. Baie diere is ontnugter oor hulle leier se gebrek aan standpunt, en om voet by stuk te hou.
Ons vertrou dat een van Koning Leeu se gevolg mettertyd vir Jonas Pajama sal ontmasker as die AAP wat hy in werklikheid is.
SPORT
Terwyl groot getalle diere hierdie naweek in sak en as gaan sit omdat dit nie hulle span is wat gaan meeding om die Borriebeker nie, staan een feit soos ‘n paal bo water: dis die res van diereland teen die Blouballe.
Vanuit die nuuskantoor dan: alles van die beste aan die Cheetas en die Blouballe. Mag sport more seevier, en mag Bakkies onthou om te bid vir GENADE en nie KRAG voor die game nie, anders moer hy weer onnodig aan iemand.
Net ‘n regstelling: dit is inderdaad BloubUlle, en nie BloubAlle nie. Die drukkersduiwel met sy Streeptrui is weer tussen ons.
Groetnis!
Filed under: Uncategorized




