Is jy ‘n Hoender of ‘n Arend?

Ek raak vanoggend weer hierdie onderwerp aan nadat ‘n vorige soortgelyke inskrywing hier op die plaas nogal opspraak verwek het.

Lees gerus wat ek hieroor te sê het.

Volg hierdie skakel om meer te lees

10 Responses

  1. Die hoenner is n edelle voel, bv, die haan roep die son vir die ander plaasdiere en die hen hou aasvoels weg van die kuikens. So het elke dier n funksie op God se plaas. Hoenners hoef hulle funksie op Die Plaas nie te verdedig of regverdig nie, hulle weet hulle is hoenners…

  2. Hallo DI.

    Ek dink jy mis die punt. Dit gaan alles oor beeldspraak. Dit het niks met arende en hoenders te doen nie maar ook alles daarmee.

    Dit gaan alles oor keuses. Dit gaan daaroor of die mens oor die see, lug en aarde heers soos God opdrag gee in Gen 1:26 – 27.

    God dwing niemand nie, maar Hy gee wel opdrag. Dit is soos wanneer jy vir jou kind vra om die bed op te maak. Die feit dat hy gaan speel en die bed los, maak jou nie minder lief vir jou kind nie. Daar is egter wel gevolge vir daardie kind.

    Elkeen moet sy eie keuse uitoefen en met die gevolge daarvan saamleef

  3. Hi Riaan,

    Ek moet sê, gevind die omgewing het dit my ook onsteld…

    Verder is dit in swak smaak om as enkeling jou bokant of eerder verhewe bo ander mense te stel…

    Ek bly liewer ‘n hoender … Ek ken my God… ek hoef hom nie tussen die voëls te soek nie….

  4. Bierpens, jy mis die punt

  5. Riaan

    Ek mis nie die punt nie my vriend.

    Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie. Ek het, op die ou plaas wat tot die dood gehack was, vir jou mooi en duidelik verduidelik van die koms van Ishos Chreshtos en Bahl aan bidding.

    Ek is bevrees dat die dinge en die verloop van gebeure daarna, nie misgekyk kan word nie. Dit pla my dat jy met God en Christus in een land ploeg… of die verlosing is deur die Seun, of jy is ‘n kind van God, mens kan nie twee Gode dien nie. Dit pla my dat jy nie kan raaksien dat dit ander mense walg as jy die twee so verwar nie.

    Mense pleeg ongekende sondes voor God in die naam van Jesus… Ek sak my kop in skaamte en weier om my te onderwerp aan ‘n Mens Gemaakte Blik Gedrukte Christelikke bestaan. In die Woord sal ek my Saligmaking soek… en my weerhou om ander mense daarmee te verveel, want in my oê aanbid jy ‘n afgod in die afwesigheid van God se Woord.

    Jy regverdig jouself … dit blyk jou gewete jou jaag en jy jou wil regverdig deur ons vernedering … Deur jou te verhewe bo ander bring jou nie nader aan God nie. Deur die bestaan van God binne in jou te ignoreër sal jy net verder in die verderf in val…

    Ken jy die storie van die nou kronkel paadjie en die breë geplaveide afdraende pad ….

    Ek skryf gereeld …. Hoe Diep Trap Jy Spore Op Die Aarde? Hoeveel hulp bronne gebruik jy om jou lewe op die aarde te vergemaklik … ???? Hoeveel kinder trane en bloed is in daai bronne vergiet. Is jy bereid om dit op te offer as jy sou uitvind?

    Ek vra maar net?

  6. Yes Riaan, ek verstaan jou strewe voorentoe, boontoe, beurend en kragmaak vir en naamens / selfs in God se naam. Pasop egter vir die slaggate wat jy vir jouself stel. Wat my ontstel is dat jy vir jouself die voorreg gun om namens alle gelowiges te gesels. Moenie iemand stenig omdat hy nie soos jy glo nie, wees bly hy glo.

  7. Bierpens.

    Ek is jammer maar jy mis die punt. Ek sal nooit erkenning gee aan enige ander god nie. Daar is net 1 drie enige God,”Vader, Seun en Heilige Gees” Dit is die God wie ek aanbid.

    Daar is beloftes in die Bybel en ek neem dit vir myself. Elkeen het ‘n keuse of hy/sy dit wil aanvaar. Daar is net 1 verlossing en dit is om Jesus Christus aan te neem as jou persoonlike saligmaker. Daar is net 1 manier om God te nader, en dit is deur Jesus Christus want niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie het Jesus gesê.

    Met Jesus se hemelvaart het hy die Vertrooster vir ons gestuur, die Heilige Gees en die Heilige Gees sal in jou kom woon as jy Jesus aanneem as jou persoonlike saligmaker en vir die Heilige Gees vra om jou te vul.

    Ons is almal gelyk voor God. God is nie ‘n aannemer van die persoon nie, maar God gaan ook niemand dwing om die beloftes wat Hy vir ons koester te aanvaar nie.

    Die probleem lyk vir my, daar is mense wat nie wil opstaan in heerlikheid en in oorwinning volgens God se opdrag uitstap nie, dan voel hulle verneder en dink dat die ander bo hulle verhewe is, of probeer wees. Elkeen moet maar besluit waar hy wil wees.

    Maar God het almal lief en dit is Sy Vaderhart dat niemand verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê, want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enig gebore Seun gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

    Dan sê Jesus na sy opstandig dat voorwaar nie een van julle wat hier staan sal sterf voordat die koninkryk van God gekom het nie. Daardie koningkryk in die oorspronklike taal verwys na outoriteit/heerskappy maar dit is net vir mense wat dit opneem, en binne God se wil leef.

    Jesus sê ook dat in die laaste dae sal hulle vir hulle predikers vergader wat hulle in die oor streel. Dit is die probleem met die samelewing vandag, hulle wil vir hulle predikant, dominiees, pastore, priester, noem dit wat jy wil voorskryf wat hulle moet preek en almal is te bang om hulle “gemeentes” tee te gaan want netnou betaal die ouens nie hulle tiendes nie en wat dan.

    Dit is tyd dat die waarheid gehoor word. Dit is tyd dat die ware kerk van Christus opstaan. Dit is die kerk wat nie vir hulle predikers voorskryf wat om te preek nie, en predikers wat koninkryk preek. Verlossing is belangrik want jy het dit nodig om die ewige lewe te beërwe, maar Jesus het op aarde meestal koninkryk gepreek.

    God wil hê dat ons heers maar die mens maak homself ‘n teiken vir satan (wat reeds oorwin is) deur die sogenaamde ander gode ook plek te gee.

    God is ‘n jaloerse God en Hy laat nie ander gode in sy teenwoordigheid toe nie. Was jy maar warm of koud, maar nou is jy lou, en sal Ek jou uitspoeg lees ek in die Bybel

    Daar is nie plek vir Islam en ander gelowe nie, die is ‘n set van satan om godsdienstiges van die ware Christus weg te hou. Dit is tyd dat die kerk van God opstaan en begin standpunt inneem. Mense wat toelaat om beinvloed te word deur ander gelowe gee vir satan reg om in hulle lewe in te spreek.

  8. Great franchize!

  9. Riaan?, sou jy se dat Christene sover voldoen aan die opdrag volgens gen.1… en as jy meer gebruik as wat jy terugsit, wie se skuld is dit, waar is jou konteks…heerskappy oor die aarde ens. beteken hier nie deur jou gat trek nie, dit beteken rentmeesterskap – hiervolgens sal jy geweeg word.

  10. Ai….

    ja ok Riaan … nes jy wil…

Comments are closed.