Ek het vanmiddag ‘n konsultasie gehad met 2 nuwe kliënte wat my kom sien het. Of hulle na hierdie konsultasie nog kliënte gaan wees sal ons maar moet sien. Leer hier oor hoekom ek so sê.
Die feite is min of meer as volg. Die persone is op die bestuur van die beheerliggaam. Dit is ‘n klein kompleks met 5 eenhede. Een van die eenhede se eienaars het ‘n besigheid binne in sy eenheid begin. Dit klink of hy dit in die garage bedryf, maar hy hou die deur die heeltyd toe, so dit is moeilik om presies te sê bedryf hy dit in sy garage of bedryf hy dit in sy sitkamer, nie dat dit myns insiens ‘n verskil maak nie.
Wat wel die probleem is, is dat hy nie meer sy voertuie in die garage parkeer nie. Sy voertuie staan nou buite op besoekersparkering. Hy het twee of drie personeelhede en/of vennote wat elke dag die kompleks binne kom, en heeldag hulle voetuie daar parkeer. Die besigheid veroorsaak nie per sé ‘n probleem nie aangesien die werknemers/vennote in die gebou in verdwyn en hulle geen kliënte daar ontvang nie.
Die frustrasie en probleem vir die kliënt is dat die besoekersparkering opgebruik word, en omdat daar nou meer mense in en uit beweeg dit ‘n sekuriteitsrisiko veroorsaak. Die spesiefieke deeltitelkompleks se reëls klink my verbied besigheid tensy daar toestemming is en dan is dit ook beperk tot seker soorte besighede. Die deeltitelwet handel uit die aard van die saak ook met die situasie maar ek moet dit nog gaan oplees voordat ek presies weet wat dit voorskryf.
Die grondwet maak voorsiening dat elke burger geregtig is om ‘n besigheid te bedryf binne die grense van die republiek van Suid-Afrika onderhewig aan sekere beperkinge. Ek is tans besig met navorsing om behoorlike advies aan die kliënte te gee aangesien dit nie die soort van sake is wat ek elke dag doen nie.
Terwyl ek konsulteer dink ek egter aan die morele aspek van die situasie. Ons het hier iemand wat ‘n besigheid wil bedryf, wat heel moontlik werk skep aan ander en dit moontlik nie koste effektief is om ‘n besigheidperseel te huur nie. Dit is vir hom ook verder moontlik om die besigheid van sy huis af te bedryf omdat die aard van die besigheid dit toelaat, maar dit is nou tot ergenis van die ander eienaars in die kompleks.
Ek sal graag wou hoor, wat is jou opinie en wie se regte moet voorkeur geniet. Ek vra dit nie uit ‘n regsoogpunt nie, dit moet ek nog vir my kliënt doen. Ek vra uit ‘n morele oogpunt.
Filed under: Uncategorized | Tagged: Add new tag, besigheid, deeltitel, eienaarsregte





Hi Riaan,
Jy moet vir jou kliënt werk. Ek het die hele naweek met die dilema gestoei met die oudste wat diere in aanhouding positiewe debat moes doen. Hy glo dis verkeerd.
Ons moet onthou dit is die outjie wat geweir het om te werk vir die skool hekse… Wel die kort en die lank is hy het vandag 75% vir sy jaar einde mondeling gekry.
Dit is mos hoekom julle prokereurs word is om albei kante van die saak kan baklei sonder om ‘n oog te knip.
Deeltitel… In my jare as eiendoms agent het ek paar projekte van die grond af gekry die een was 68 eenhede… ek sal nie in so kompleks kan bly nie, my persoonlikke behoeftes en leefruimte sal nie by die ander se reëls in pas nie…
Intresante kwessie… Gemene Reg, Kontrak Reg, en privaat reg. Mens kan nooit jou gemene reg weg teken nie, maar ek dink dat kontrak reg hier sterker is, want tensy jy jou reg op veiligheid weg teken kan dit nie regtig met jou gemene reg inmeng nie.
Die Kontrak bekerm die ander in die kompleks se gemene regte nie aangespreek in die algemeen nie.Ek glo beide partye het geweet wat is die doel agter die kontrak aangegaan toe hulle die deeltitel ooreenkoms geteken het.
So jou kliënt het myns insiens nie ‘n voet om op te staan nie, as die reg om handel te dryf verskans is in die deeltitel kontrak/akte van oprigting. Die morele dilema hier is dus, gaan jy sy geld vat of nie.
Dankie vir die Inskrywing… Kekkel…
En dit is pressies wat ek gehoop het om vir julle beskikbaar te stel engehoop het julle sal dit so gebruik…
O Ja … Soneering gaan hier ook ‘n rol speel… ‘n baie belangrikke rol.
1. Statutêre Wette
2. Kontraktuele Verpligtinge
3. Gemene Reg
Ek dink nie die Grondwet gaan hier help nie.
Sorry ek sien dis nie die besigheids mense wat jou kliënte is nie. Dus het jou klënte al die regte aan sy/haar kant.
Bierpens.
Ek stem saam daar is baie verskillende aspekte van die reg om na te kyk, maar my vraag is eintlik moreel van aard, met ander woorde, die reg om rustig ongestoord te bly teenoor die reg om besigheid te bedryf en ‘n inkomste vir jouself te genereer.
Hi Riaan,
Nee daar is nie ‘n kwesie nie… wat sê die Sonering en wat sê die kompleks se deeltitel wet…
As ek geweet het ek mag nie daar handel dryf nie..
1. Omdat ek statutêr verbied word
Dan moet ek mos nou ‘n gehoorsame burger wees.
Bierpens.
Jy is reg maar jy mis die punt. Al daardie goed sal ek in ag neem wanneer ek advies gee want op die einde van die dag gaan dit oor die law.
Maar as ons nou al die regspunte wegvat, wat sê jou hart?
Mense gaan bly in so ‘n kompleks omdat dit hulle ‘n mate van sekuriteit bied. Die sekuriteitsrisiko is dus ‘n dilemma vir omtrent almal betrokke en kan mens hul seker nie kwalik neem dat dit hulle pla nie.
Die straat voor ons huis is redelik breed en dit is geen probleem vir motors om voor ons huis parkeer te word nie. Daar is egter mense wat verkies om in ons inrit te parkeer. Ons ry baie rond – ek het ‘n laaitie wat in die skool is en ek werk en my ma gaan ook van tyd tot tyd dorp toe of gaan besoek ou mensies. Dit skep ‘n probleem, ek voel al of ek daardie motors met ‘n baksteen kan bykom, want dit veroorsaak dat ons in die straat moet stop as ons wil inkom of dat ons eers die mense moet vra om te skuif sodat ons kan ry. Ek het al ‘n teken teen die motorhuis vasgesit wat vra dat die mense asseblief in die straat moet parkeer. Dit is in elk geval baie beter om in die straat te parkeer, want ons inrit is ‘n versteekte ingang en dit is nie maklik om daar uit te ry nie. Maar nee, elke keer is dit maar dieselfde ouens wat voor die motorhuis parkeer. So die frustrasie wat hierdie mense nou veroorsaak wat parkeerplek aanbetref, kan selfs die sekuriteitsrisiko by verre oortref!
Ons moet seker elkeen sy plekkie onder die son gun, maar ook darem nie ten koste van ander mense nie.
Xanika
Jy is reg. Dit is belangrik dat almal se belange in ag geneem word.
Hallo julle! Riaan ek sou sê dat dit onregverdig is teenoor die ander inwoners in die kompleks. Soos Xanika sê, dit is frustrerend en ‘n sekuriteitsrisiko. Wat sou die gevolge wees as ‘n paar ander ouens in die kompleks ook besluit om soortgelyke toelaatbare besighede vanaf hul eenhede te bedryf? Dan sal dit meer soos ‘n besigheidspark as ‘n residensiële kompleks wees. En dit klink nie vir my reg nie.
[...] on October 16, 2008 | # | Tags: morele regte, wette Riaan vra ons onder opskrif hier geplaas, Deeltitel, wat is reg en wat is moreel. Ek het lang draaie gegooi en kon nie regtig al die termes onthou van [...]
Hi Eendjie, dit wat jy sê maak sin. Maar kom ons kyk gou na die ou wat die besigheid bedryf. Het hy nie ‘n reg om ‘n inkomte te genereer en dus nie ‘n afhanlike van die staat te wees nie. Hy is positief besig om by te dra tot die ekonomie van die land.
Die ou wat besigheid bedryf, het natuurlik daai reg! En hy beter nie onnodig afhanklike van die staat word nie! Jip, hy kan positief bydra totdat hy omval, maar hy kan met al daai sommer begin deur op die regte plek te loop tent opslaan. Eerste goete eerste: een van die grondbeginsels van ‘n gesonde besigheid is die geskikte perseel. Hierdie is nie die geskikte perseel nie. Donner hom op, man!
Hi Riaan
Ek wag in spanning vir jou lewens les… toe toe … spreek jou wyse woorde…
Bierpens
Ek hoop nie my ‘nuwe’ kliënte lees hier nie maar daar is pioriteite. Daar is ander leers op my tafel wat al baie langer daar lê as hierdie een. Ek moet nog eers een of twee hofsakies gaan lees voordat ek my opinie finaal formuleer.
As dit so goed gaan met sy besigheid sodat hy werklik positief kan bydra tot die ekonomie van die land, dan is ek seker dat hy finansieël daartoe in staat is om ‘n kantoor vir homself en sy personeel te huur in ‘n besigheidskompleks of ander gepaste plek.
Nou praat jy saam eendjie…
1. Persoonlik is ek nuuskierig of sy garage deel is van sy eenheid of nie. Indien nie, maar ‘n ugg (eua), is dit eenvoudig vir die regspersoon om hom aan te tree. Indien dit wel is, is dit in elk geval standaard reëls, in Aanhangsel 8 en 9 dat hy sy eenheid nie mag gebruik ter ontstigting van die res van die eienaars nie – regspersoon kan hom uitsorteer voor brekfis, maklik.
2. Nie eers sy eenheid is net syne nie – ogv die onverdeelde aandele in die gemeenskaplike eiendom (sy woning se struktuur) is sy hande maar afgekap of vasgemaak. Finis.
3. Neewat, besigheid bedryf uit ‘n deeltitelkompleks skiet almeer op, en word telkens in die kiem gesmoor. Jou kliënte is reg – maar hulle moet maar sommer net hulle regspersoon opskroef om plan te sien. En as dit nie help nie, kan enige van die partye die arbitrasie proses mos volg, of hoe?
Jy wil weet oor die morele aspek?
Die morele verpligting is om volgens reëls te speel. Die morele verpligting dus is op die ou wat wil afwyk van die reëls waaronder hy gekoop / begin woon het. Die bliksem is klaar buite orde omdat hy ander noop om regshulp te soek. Omdat hy sy regte uitbuit, moet ander regshulp kry om hulle regte te beskerm en af te dwing? Wat is moreel daaraan?
Neewat – snort met strepe – moraliteit = die sondebok moet binne die reëls speel of eers vra of die reëls vir hom gebuig mag word. DAN tree hy moreel korrek op. Die gegriefdes het reeds moreel korrek opgetree om jou te gaan sien in plaas daarvan om sommer net self die ou om ‘n donker hoek met ‘n baseball bat in te wag – Ding sou eers daai gedoen het en dan vir jou miskien besoek het – om my uit die moeilikheid uit te kry, sien jy nou.