Grappe

Daar is altyd ‘n oulikke grappie wat iemand van sy goemoed af wil kry. Ander het weer ‘n glimlag vir ‘n nuwe dag nodig. Alhoewel almal op Kekkel gas skrywers is wil party Bloggers nie die verantwoordlikheid gebruik om ‘n entry hier op Kekkel te maak nie.

Nou dink ou Pensie so… skep ‘n afdeling waar almal hulle grappies kan kom los en dan kan ons weet waar om dit te kom lees.

4 Responses

  1. [http://www.youtube.com/watch?v=Tj2CppR9RvE]

  2. Dis die eerste dag van die skooljaar en die nuwe Graad Eentjies se
    traantjies is afgedroog en almal sit in ‘n kring om juffrou. Om die
    kleintjies heeltemal op hulle gemak te stel besluit Juffrou Suzette
    om ‘n speletjie te speel: ‘Wat is jou naam en watse werk doen jou
    pappa?’ Klein Eileen se van is Arends, so sy is eerste aan die beurt.
    ‘My naam is Eileen Arends en my pappa is ‘n Posmeester.’ ‘Dankie
    Eileen. Jannie, jy is volgende.’ ‘My naam is Jannie Botha en my pa
    is ‘n mekeniek.’ Dankie Jannie, maar onthou, die regte Afrikaanse
    woord is motorwerktuigkundige.’ Volgende aan die beurt is klein
    Naas. ‘My naam is Naas Junior en my pa is ‘n .. is ‘n …. Hy dans vir
    ander omies en trek sy klere uit!’ Woeps, gaan sit Naas Junior,
    ogies op die mat voor hom. Juffrou Suzette is amper uit haar
    Foschini rok uit geskok en as sy nie ‘n wonderbra gedra het nie, was
    sy dalk meer geskok. Sy begin toe sommer by die agterkant van die
    alfabet en vra vir Klein Koos Van der Merwe om te sê wat sy pa
    doen, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag. Na skool sien sy klein
    Naas by die hek staan en wag en gaan buk by hom. ‘Naas, is dit
    regtig waar dat jou pappa ontklee danse doen vir ander mans?’
    Klein Naas kyk op die grond, na die motors wat ander Graad
    Eentjies kom haal, na die ou wat oorkant die straat gras sny, orals,
    maar net nie na Juffrou nie. ‘Wel Naas, dans jou pappa regtig in ‘n
    gay …….. dans jou pappa regtig?’ Naas lig sy traangevulde ogies
    om na Juffrou te kyk. juffrou, ek was te skaam om te sê my pa was
    ‘n Springbok, die ander outjies sal mos nooit met my speel nie!.’

  3. Wat is kleiner as ‘n molletjie se holletjie?

    Sy drolletjie!

Comments are closed.